ááááááááááá ____________________________________________________________
-- die spirale van chaos
Hulle is vernietigende werwelstorms met verskillende plaaslike name.
òáá In die Karibiese gebied word s≤ Æn storm 'n orkaan genoem.
òáá In die omgewing van die Chinese See en Oos-Asiδ praat hulle van 'n tifoon.
òáá Op Mauritius, in Indiδ en ook hier by ons staan dit bekend as 'n sikloon.
òáá In die omgewing van Australiδ is die naam 'n willy-willy.
òáá
En op die Filippynse eilande is dit 'n baguios.
Maar wat is die omvang van tropiese siklone en hoe ontstaan hulle?
òáá Kyk ook ander artikels oor die wΩreld se winde:
Wilde weδ van die aarde se winde...
____________________________________________________________
DIE meeste van ons het bes moontlik al die een of ander
dramatiese foto van 'n tropiese sikloon gesien -- vasgevang deur 'n satelliet en
boonop dalk wonderbaarlik versterk deur tegnologie van die rekenaar.
Op s≤ 'n foto verskyn 'n enorme spiraal van wolke op die aardoppervlak,
in 'n verstommende driedimensionale perspektief, kompleet met die sogenaamde
"oog" van die sikloon, alles oor honderde kilometers versprei.
Maar hoe ontstaan tropiese siklone? Die aarde se atmosfeer beweeg
gedurig omdat die lug na 'n toestand van ewewig streef. Die draaiing van die
aarde om sy as en die oneweredige verhitting van ons planeet en sy atmosfeer
deur die son veroorsaak dat lugmassas met verskillende digthede ontstaan. Die
lug in 'n lugmassa met 'n groot digtheid -- hoδ lugdruk -- beweeg altyd na 'n
gebied met 'n kleiner digtheid -- lae lugdruk. Hierdie lugbeweging word wind
genoem.
Hoe groter die verskil in lugdruk, hoe vinniger waai die wind. Die lug
beweeg ook nie reguit nie, maar word gedeflekteer omdat die bolvormige aarde by
die ewenaar baie vinniger om sy as draai as by die poolstreke.
Æn Tropiese sikloon ontstaan dus deurdat Æn laedrukgebied oor die warm
seδ van die trope ontwikkel. Warm, vog-belaaide lug stroom na hierdie gebied en
styg opwaarts in Æn kolom.
Soos dit gebeur,
wring die rotasie van die aarde die lug in Æn rigting met of teen die
horlosiewysers, afhangende van die halfrond waarin dit ontwikkel.
Die verhitte, vogtige lug kondenseer dan om wolke en reδn te vorm. Dit
skep Æn suigkrag en nuwe lug word ßl vinniger in die sentrum ingesuig, wat baie
sterk winde genereer.
Indien hierdie laedrukstelsel in krag toeneem, kan dit die sogenaamde
"oog" van die storm word. Uiteindelik word Æn intense, roterende
tropiese storm met Æn deursnee van Æn paar honderd kilometer gevorm.
DiΘ stel energie vry in die vorm van stortreδns, weerlig en donder,
wolke wat die son verduister en tierende winde wat met snelhede van tot 290 km
per uur beweeg.
Vreemd genoeg is die toestande in die oog betreklik kalm. Die beweging
in die rondte veroorsaak 'n middelpuntvliedende krag wat die massas lug en wolke
uitwaarts druk, sodat 'n windlose en wolklose gebied van tussen 10 en 30 km in
die sentrum van die sikloon ontstaan.
Wanneer die oog oor Æn waarnemer beweeg, raak die chaos eers erger en
dan bedaar dit skielik. Die winde verflou tot Æn bries, dit hou op reδn en
kol-kol kan Æn mens selfs die blou lug bokant jou sien.
Maar die kalmte is van korte duur en spoedig is die storm in al sy
felheid terug, ofskoon die wind nou uit Æn teenoorgestelde rigting waai.
Tropiese siklone kan wydverspreide verwoesting en die dood saai. Æn
Enkele groot sikloon kan duisende miljoene tonne water op Æn dag kondenseer.
Alles wat in hierdie geweldige verdampingsproses opstyg, moet weer afkom --
meestal as reδn. Hierdie neerslag kan ontsettend hewig wees.
Tropiese siklone woed hulle ook nie vinnig uit nie en kan sowat Æn week
tot twee weke voortwoed. Wanneer hulle oor die land of koel water beweeg,
verdwyn hul bron van warm, vogtige lug en hul fut raak geleidelik op.
Mense wat aan die westelike kusgebiede van die Noord-Atlantiese Oseaan,
die Noordelike en Suidelike Oseaan en die Indiese Oseaan woon, het rede om die
koms van die herfs te vrees.
Dit is die waarskynlikste jaargety waarin tropiese siklone ter see kan
ontstaan om groot rampe te veroorsaak wanneer hulle oor die land heen
voortwoeker.
Tropiese siklone is betreklik skaars -- daar is jaarliks slegs gemiddeld vyftig op die hele aarde. Maar hulle is so verskriklik sterk dat hulle, saam met aardbewings, onder die mees verwoestende natuurverskynsels tel.
Gebiede wat die grootste gevaar loop om deur siklone geteister te word,
sluit in die Queenslandse kus van Australiδ, die kus van Mosambiek en Mada¡gaskar,
die Filippyne, Japan en die kus van China, die Karibiese eilande, Mexiko en die
suidooskus van die VSA.
Hierdie vernietigende werwelstorms
het dan ook verskillende plaaslike name: dit word 'n orkaan in die Karibiese
gebied genoem, 'n tifoon in die omgewing van die Chinese See en Oos-Asiδ, 'n
sikloon in die omgewing van Mauritius en Indiδ, 'n willy-willy in die omgewing
van Australiδ en 'n baguios oor die Filippynse eilande.
á
In 1984 is groot dele van die huidige KwaZulu-Natal, die huidige
Mpumalanga, Swaziland en Mosambiek erg deur die sikloon Domoina verrinneweer.
Tienduisende mense is dakloos gelaat en byna 200 is dood, duisende boere het
hul gesaaides verloor en die skade het sowat R125 miljoen bedra. Domoina was skaars verby of Æn tweede sikloon, Imboa, het
opnuut die spreekwoordelike sout in die geteisterdes se wonde gevryf. Tipies
van tropiese siklone.
______________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Huisgenoot se Wonderlike WΩreld op CD, 2004