____________________________________________________________

 

Insekte: drie hoofgroepe en minder omvangryke groepe

 

My wΩreld -- soveel

goggas!

 

Daar is vyf hoofgroepe insekte wat nie moeilik is om uit te ken nie:

òáá die kewers,

òáá die vlieδ,

òáá die wespe (waaronder miere en bye),

òáá die halfvlerkiges (besies-en-wantse),

òáá en die vlinders-en-motte.

Hierdie vyf omvat sowat driekwart van alle insektespesies. Tog is daar minstens nog vyftien soortgelyke, maar minder omvangryke groepe, en daarbenewens ook etlike groepe van veel kleiner spesies.á Drie van die hoofgroepe word hieronder bekyk en daarna die minder omvangryke groepe.

 

òáá Die drie hoofgroepe wat hieronder bespreek word, is kewers, vlieδ en wespe. Nog inligting oor vlieδ kan verkry word deur op die blou skakel te klik. Die twee hoofgroepe wat nie hieronder genoem word nie, is halfvlerkiges (besies-en-wantse) en vlinders-en-motte, waaroor daar egter elders in hierdie ensiklopedie artikels bestaan (klik ook net op die blou skakels).

____________________________________________________________________

 

Kewers

 

òáá DAAR is minstens 300 000 verskillende soorte kewers, wat oral voorkom, van besneeude bergpieke en versengende woestyne tot modderige waterpoele.

 

Kewers vreet allerhande soorte plante en diere, lewend of dood, en word self in hordes deur voδls, akkedisse en klein soogdiere verorber. Hoewel hulle pesdiertjies kan wees, wat gesaaides aanval en stapels mensevoedsels verslind, speel kewers ook 'n belangrike rol in die natuur deur dooie plante en diere te vreet en te sorg dat hul bestanddele as waardevolle voedingstowwe terug in die grond beland.

 

Alle kewers ondergaan 'n volledige metamorfose. Uit hul eiers kom larwes, waarvan party etlike jare lank vreet en groei voordat hulle in papies verander en daarna volwasse insekte word.

 

Volwasse kewers het die swaarste pantsers van alle insekte. Hulle het harde dopvlerke voor, wat mekaar in die middel ontmoet om die delikater agtervlerke te bedek en te beskerm.

 

Kewers kom in allerlei groottes voor, van piepklein swamkewers kleiner as 'n speldekop tot die reusagtige Goliat-kewer van Afrika (Goliathusá cacicus), wat tot 15 cm lank kan wees. Alle kewers is nie swart nie -- baie is so kleurryk soos voδls en blomme. Ená hulle kan skitter soos juwele.

 

Interessant: gloeiwurms is nie wurms nie, maar kewers. Die vlerklose wyfies van sekere soorte kan hul sterte laat flits om 'n maat aan te lok.

 

Vlieδ

 

òáá ALLE vliegsoorte het net twee vlerke, pleks van die vier wat ons byvoorbeeld by naaldekokers en vlinders kry. In die plek van die agtervlerke in daar twee klein balanseer-kolfies, wat tydens die vlug soos twee klein giroskope beweeg en die vlieg help om te stuur en om sy vlug te stabiliseer.

 

Blindevlieδ is egter uniek onder die vlieδ deurdat hulle steeds normaal kan vlieg nadat die balanseerders afgesny is.

 

Vlieδ het ook groot samegestelde oδ (ja, ook die blindevlieg, wat in der waarheid baie goed kan sien) en kloue en kussinkies aan die voete wat hulle in staat stel om op enige voorwerp te loop.

 

Hulle kan verstommende akrobatiese toertjies in die lug doen, soos om onderstebo op die plafon te land, agteruit te vlieg of op een plek in die lug te hang.

 

Vlieδ word oral op aarde aangetref, van die ysige poolstreke af tot by die ekwatoriale reδnwoud. Party soorte help die mens deur voedselgewasse te bestuif, maar baie ander, soos die muskiete, is gevaarlike peste. Hulle versprei siektes, soos malaria en slaapsiekte, en dra kieme.

 

Alle vlieδ ondergaan 'n volledige metamorfose. Die larwes, of maaiers, lewe hoofsaaklik in water of in klam, verrottende plante- en diereweefsels. 'n Paar spesies vreet slegs lewende plante of diere.

 

Interessant: ons het gesΩ alle vlieδ het vlerke, maar daar is die rare uitsondering: die piepklein vlermuisvliegie (Penicillidia fulvida) het glad geen vlerke nie. Hy leef in die pels van vlermuise en drink bloed. Die wyfie skenk die lewe aan 'n volgroeide maaier, wat op die grond val en 'n papie word.

 

Perdebye, bye en miere

 

òáá DIE wespe (perdebye), bye, miere en diesulkes vorm een van die grootste insektegroepe op aarde. Reeds sowat 200 000 spesies is bekend, maar talle word nog voortdurend ontdek.

 

Met die uitsondering van die saagvlieδ word alle wespe, bye en miere maklik aan hul dun ''middeltjie'' uitgeken. Aan die einde van die agterlyf van baie wyfies van die wespe of bye is die ovipositor -- die orgaan waarmee eiers gelΩ word -- tot 'n geniepsige angel vir selfverdediging vervorm.

 

Verskeie spesies wespe, bye en miere is ''sosiale'' skepseltjies of samelinsekte, wat in 'n nes woon wat hul saam gebou het en waarin hulle saam-saam na die eiers omsien. Die mens het reeds vroeg-vroeg bye vir hul heuning begin aanhou en is deur die eeue geboei deur die komplekse gemeenskappe van miere, maar betreklik min is omtrent wespe bekend, al is hulle vir ons so belangrik.

 

Baie wespe is naamlik lewenslank besig om die larwes en ruspers dood te maak van insekte wat ons gesaaides verniel en verwoes. Saam met bye is hulle boonop belangrike bestuiwers, wat verseker dat ons goeie vrugte- en groente-oeste kry.

 

Die meeste miersoorte lewe en werk in groot kolonies (van tot 100 000 enkelinge) saam en bou ingewikkelde neste waarin hul kleintjies grootgemaak word. Elke nes word deur 'n enkele koningin begin, wat al die eiers lΩ; daar is geen koning nie.

 

Spoedig nadat sy in die ou nes uit haar papie te voorskyn gekom het, paar die jong koningin 'n enkele keer met 'n gevleuelde mannetjie en bewaar die sperma om dit regdeur haar lewe te gebruik.Sy byt dan haar vlerke af en begin 'n nuwe nes. Die nes word gebou deur vlerklose, steriele werksters, wat kos soek en die ontwikkelende eiers en larwes versorg. Miere kommunikeer by wyse van aanraking en reuk.

 

Afrikaanse swerfmiere (Dorylus nigricans) vorm ook groot kolonies, maar hulle het nie permanente neste nie. Hulle kampeer tydelik op 'n sekere plek terwyl die koningin haar eiers lΩ. Dan beweeg hulle weer vort, terwyl hulle die ontwikkelende larwes met hulle saamdra. Die miere sal van tyd tot tyd uitsprei en alles vreet wat in hul pad is.

 

Miere se kake is merkwaardig sterk en hulle kan seer byt. Party spesies spuit boonop mieresuur uit die punt van hul agterlyf in die wond in -- wat dit dubbel so seer maak.

 

Miersoorte verskil eintlik baie van mekaar. Daar is ook eenlopers en parasiete; miere wat werkers van ander neste as slawe teel; en ''koekoek''- koninginne wat neste binnegaan en die werkers oorreed om hul koningin dood te maak sodat hulle haar nageslag kan grootmaak.

 

Interessant:á Jy is Ωrens in die gramadoelas en 'n stuk doringdraad kerf 'n lelike sny in jou arm in. Jy weet jy moet dadelik steke kry, maar waar vind jy 'n dokter op hierdie verlate plek? Toe maar, daar's 'n uitweg -- mits daar soldaatmiere in die omtrek is.

 

Vang vir jou 'n paar en laat hulle die wond vir jou toebyt! Dis 'n metode wat glo al eeue lank in Midde-Afrika gebruik word, by gebrek aan chirurgiese naalde.

 

'n Strydmier word kop eerste op die wond gedruk sodat sy kake aan weerskante raak. Die mier sluit die kake dan instinktief en trek die geskende vel saam. Nou pluk jy blitsvinnig die lyf van die mier se kop af. Die kop en kake bly agter. En daar sal dit in die weefsel bly sit totdat die letsel geheel is.

 

Minder omvangryke groepe

 

òáá ONDER die minder omvangryke groepe isá byvoorbeeld kakkerlakke, oorkruipers, naaldekokers, hottentotsgotte, sprinkane en stokinsekte. Hulle kan baie wees, maar daar is nie so baie soorte van elk nie.

 

Dan is daar ook stofluise, wat in pakkies gedroogde kos lewe; blaaspootjies, wat baie skadelik vir tuinbougewasse is; kouluise, wat op voδls lewe; en vlooie en suigluise, wat mense sowel as diere irriteer.

 

Stokinsekte kan groen of bruin van kleur wees en is gewoonlik lank en dun met slanke pote en voelers. Bedags flous hulle roofvyande deur feitlik letterlik stokstil aan struike en bome te hang, waar hulle net soos takkies lyk. Snags is hulle beweegliker en vreet hulle blare. Die mannetjies van baie soorte het vlerke, maar die wyfies is dikwels vlerkloos.

 

Hottentotsgotte ken jy seker goed, hulle wat so seremonieel hul pote voor hulle hou sodat dit lyk of hulle "bid".á Hulle is dikwels slank, soos stokinsekte. Baie soorte is in heldergroen of dofbruin skakerings gekamoefleer. Hulle jag ander insekte, wat hulle met hul spesiaal gevormde voorpote vasgryp.

 

Volwasse vlooie is almal bloedsuiers, en elke soort verkies die bloed van 'n bepaalde soort dier of voδl of diΘ van 'n mens. 'n Diervlooi sal net 'n mens aanval as hy baie honger is. Die piepklein vlooilarwetjies lewe van verrottende stowwe in neste en tapyte. Die volwassenes kan dikwels lank sonder kos klaarkom.

 

Die mannetjies van die grassprinkane maak geluide om die wyfie te lok deur hul agterpote teen hul harde voorvlerke te vryf. Die bleekgroen Afrika-grassprinkaan (Physemacris variolosa) het 'n spesiaal verlengde agterlyf wat as 'n weergalmende trom dien. Daarteenoor ''sing'' krieke deur die twee voorvlerke saam te vryf.

 

Die meeste waterjuffers vou die vlerke saam oor die liggaam wanneer hulle rus, terwyl die naaldekokers hul ruskansies met oopgespreide vlerke benut. 'n Indonesiese spesie (Nannophya pygmaea) is, sover bekend, die kleinste naaldekoker. Die meeste waterjuffers is klein, delikate insekte en hulle is dikwels helder gekleur. 'n Spesie van Costa Rica (Megaloprepus caerulatus) is die grootste waterjuffer ter wΩreld. Sy nimfe hou in die water wat in verrottende boomholtes versamel.

 

Die nimfe van naaldekokers en waterjuffers lewe altyd in water, waar hulle ander insekte vreet. Agterpote wat soos linte lyk, sleep agterna en lei roofvyande se aandag van die kwesbare dele van die liggaam af weg.

 

Deur 'n mikroskoop lyk hy soos 'n monster -- die kopluis wat op mense voorkom. Hierdie luise vreet dooie vel en klou met spesiale kloue aan die hare vas.

 

Van die oorkruipers is Titanolabis colossea van Australiδ die grootste ter wΩreld. Mense het eenmaal verkeerdelik geglo dat oorkruipers in mense se ore inkruip en hulle doodmaak. Oorkruipers vreet lewende en dooie plante en diere. Hulle het kort, donker voorvlerke waaronder die langer, deursigtige agtervlerke ingevou word.

 

Kakkerlakke lewe feitlik oral en vreet omtrent alles. Party soorte kan peste raak in huise waar hulle met hul plat lywe in smal skeurtjies wegkruip en moeilik bestry word. Baie soorte kakkerlakke ontwikkel geen vlerke nie. Megaloblatta longipennis is die grootste vlieδnde kakkerlak.

 

Inligting uit die boek INSECT in die gewilde Eyewitness Guides-reeks van Dorling Kindersley.

 

_____________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_____________________________________________________

á

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan