_____________________________________________________
maniere
Is miere "skrander?" Nie
rΩrig nie. Hulle tree op volgens instink en kan geen probleem buite hul gewone
doen en late oplos nie. Maar praat van fluks en voorspoedig wees!
òáá
Klik hier vir 'n artikel elders oor
miere wat sampioene kweek.
òáá
Klik hier vir 'n baie interessante
artikel elders oor die wonderlike kommunikasie tussen miere in 'n miernes.
______________________________________________________
KINDERS met miere is alte lastig -- wilde en woelige ondeugde wat hul
ouers teen die mure laat uitklim. Maar om die mier darem in een asem met
deugdeloosheid te noem, is iets wat ko¡ning Salomo in al sy wysheid seker nooit
sou gedroom het om te doen nie. Hy het immers geweet hoe fluks en toegewyd 'n
mier is.
Gaan na die mier, luiaard, ver¡maan
hy in die Spreukeboek, kyk hoe hy werk, en leer by hom. (Nuwe vertaling.)
Die eerste insektekundiges wat miere
bestudeer het, het dan ook 'n byna menslike verstandsvermoδ aan hierdie vlytige
gediertetjies toegedig.
Maar latere navorsing het getoon dat
hul oδnskynlike "skranderheid" die gevolg van chemiese kommunikasie
is. Hulle tree op volgens instink en kan geen probleem buite hul gewone doen en
late oplos nie.
Hulle weet nietemin hoe om hoogs
voorspoedig te lewe!
òáá
ALLE miere op aarde -- teen die jongste eeuwisseling was Æn stuk
of 10 000 spesies al beskryf -- is sosiaal en die meeste
word deur een of meer koninginne geregeer. 'n Miernes kan 'n eenvoudige gaatjie
in die grond wees met minder as 'n dosyn gesinslede tot 'n reusagtige grondhoop
met meer as twintig miljoen miere.
'n Mieregemeenskap is al vergelyk
met 'n kommunistiese stelsel waarin al die lede vir die staat werk. Miskien is
die vergelyking nie heeltemal in die kol nie, maar ons kan wel sΩ dat hulle
merkwaardig georden is en op mekaar staatmaak.
Daar is drie hoofsoorte miere in 'n
nes: koninginne, mannetjies en werkers.
òáá
GESLAGTELIK ten volle ontwikkel, is die wyfies of
koninginne die grootste miere in die nes. Hulle het vlerke tot nß hulle gepaar
het en werp dan die vlerke af.
Koninginne lΩ geweldig baie eiers en
wy gewoonlik hul hele lewe aan voortplanting.
Die
koningin is die belangrikste enkele lid van 'n kolonie. Sy skei feromone
(chemiese reuke) af wat 'n uitwerking op al die ander miere het en dus ook die
verskillende werkinge in die nes be∩nvloed.
Sonder haar is die kolonie
uiteindelik gedoem, want geen nuwe miere sal gegenereer kan word om diΘ te
vervang wat doodgaan nie.
Koninginne kan jare lank lewe. Hulle
ontwikkel uit bevrugte eiers.
Die mannetjies
òáá DIE
mannetjies is gewoonlik
kleiner as die koninginne, maar net so groot of
groter as die werkers. Hul koppe is klein, maar hul oδ en voelhorings groot en
goed ontwikkel sodat hulle in staat kan wees om die koninginne op te spoor.
Mannetjies word in die reδl as die
mins aktiewe lede van die miernes beskou. Hul enigste taak in 'n betreklik kort
lewetjie is om met die koninginne te paar.
Hulle ontwikkel uit onbevrugte
eiers.
òáá
VERREWEG die meeste lede van die mierkolonie is werkers.
Hulle is geslagtelik onderontwikkelde wyfies wat nie paar nie. Nou en dan lΩ
hulle wel eiers, maar diΘ sal selde ontwikkel.
Werkermiere, wat net soos die
koninginne uit bevrugte eiers ontwikkel, verskil in grootte en voorkoms. Baie
is net so groot soos koninginne en ander is so klein dat dit moeilik is om te
glo dat die koninginne en werkers tot dieselfde spesie behoort.
In baie miergemeenskappe is daar 'n
spesiale werker, met 'n besonder groot kop en kragtige kake. Ondanks hul
voorkoms, is baie van hulle bra bedees.
Die take van die werkers is
velerlei: hulle vergroot die neste, maak dit skoon, voed die larwes en
koningin(ne), gooi die dooies uit, verdedig hulself en hul tuistes. Werkers van
sekere spesies dring ander neste binne en maak slawe van die verowerdes.
Werkverdeling is die leuse. Party
werkers het 'n besliste voorkeur vir 'n besondere soort werk
en raak spesialiste op daardie gebied. Ander verander gereeld van werk.
Nog ander lei 'n geordende lewe, bra
soos die bye, en doen verskillende werke in verskillende stadiums van hul lewe
deur trapsgewys van eenvoudige pligte tot ingewikkelder take te vorder.
En dan is daar ook sekere
"werkers" wat skynbaar nooit 'n steek werk doen nie. Dit lyk of hulle
heeldag ledig is en net kyk hoe die ander werk. (Net soos party mense, wil jy
glo!)
òáá
'N MIERSWERM is een van die natuur se skouspele. 'n Vlieδnde menigte vul
die lug en dring geboue binne. Dikwels versamel hulle op hoδ plekke soos bome,
torings en bulte.
Swermvorming by miere is die
paringsvlugte van 'n enorme klomp mannetjies en wylies. Die mannetjies
vreká nß die paring, maar vir die wyfies
is dit slegs die begin.
'n Tipiese paringsproses kan s≤
verloop:
á(1) Gevlerkte wyfies kom uit die nes vergesel van die werkers.
(2) Nß 'n kort vlug land 'n wyfie op
'n takkie of iets dergeliks en skei feromone af om mannetjies aan te trek.
(3) Sy paar.
(4) Sy breek haar vlerke af.
(5) Sy grawe haar nes en 'n nuwe
kolonie word gevestig.
òáá
BEHALWE die mense is die miere die enigste skepsels
op aarde wat oorlog teen hul eie soort maak. Insekte soos bye en wespe maak
ander dood om hul neste te beskerm, maar dis net miere wat oorlog maak om te
kan oorwin.
Miere is gedurig op die verdediging.
Nadat 'n vyand 'n nes oopgebreek het, sal sekere miere dadelik oor die
indringer swerm en hom byt, terwyl ander sal laat spaander om die papies en
eiers weg te steek.
òáá
ONS ken almal die vreeslike vreetgewoontes van huismiere
wat ons kombuise en spense plunder. Hulle verslind feitlik alles wat voorkom en
kan 'n ernstige probleem raak.
Die meeste miere is immers allesvretend
-- hulle smul net so gretig aan ander insekte as wat hulle vrugtesappe of die heuningdou
(suikeragtige afvalstowwe) van plantluise opslurp. Kannibalisme kom algemeen
onder miere voor, maar gewoonlik nie onder diΘ in een nes nie.
Miere deel hul kos met
"soene" en in diΘ proses word klieruitskeidings ook
omgeruil. S≤ word chemikalieδ versprei, waardeur die saamhorigheid in die nes
gevestig word, terwyl indringers herken en buite gehou word.
Die eiers en larwes van miere word
ook aanhoudend gelek en die koningin gedurig strelend versorg.
Anders as bye versamel die meeste
miere (daar is wel die uitsonderings) hul kos op 'n daaglikse grondslag en bΩre
hulle nie voorrade vir die winter nie. Trouens, hulle hiberneer (maak 'n
winterslaap deur) as die weer dit vir hulle onmoontlik maak om kos te soek.
òáá
DIE parasolmiere van Suid-Amerika en Mexiko word s≤ genoem omdat hulle
in optogte beweeg terwyl hulle stukkies plante soos parasols of sonskerms
bokant hul lywe hou.
Insektekundiges het eers gedink die
miere vreet die plante, maar by nadere ondersoeke het geblyk dat hulle die
plantmateriaal kou en dit dan as bemesting gebruik vir sampioentuintjies in hul
ondergrondse neste. Om hierdie rede word die miere ook boeremiere (en blaarsnyersmiere)
genoem. Die miere saai, bemes, skoffel en snoei self hul gewasse.
òáá
EEN van die kosvind-praktyke van die miere wat jou die meeste aan diΘ
van ons mense laat dink, word in die verhouding tussen miere en plantluise of
dopinsekte gevind.
Die luise of dopgoggas teer op
plantesap en skei in die proses heuningdou af. Miere, met hul passie vir
soetigheid, het "uitgevind" dat hierdie "koeie" dadelik
heuningdou afskei as hulle hulle op 'n sekere manier met hul pote en
voelhorings streel.
S≤ 'n verhouding is wedersyds
voordelig. Die miere ontvang heuningdou; die sapsuigers word teen aanvallers
beskerm en deur die gedurige vrywery van parasiete en swamme bevry.
Baie miere hou "troppe"
plantluise en dopinsekte aan en bou selfs vir hulle skuilings, net soos ons
boere krale vir hul vee bou. Party bou selfs oordekte loopgange tussen die nes
en die "beeskraal" sodat hulle in gure weer na hul "vee"
kan omsien.
Partykeer word van die
"beeste" vir hul vleis geslag. Dis gewoonlik die oues of die
sieklikes. Baie miere dun gereeld hul veetroppe uit wanneer diΘ groter raak as
die boere se behoeftes.
òáá
WAAR water nie altyd maklik verkrygbaar is nie, tref die
miere voorsorg. Die beroemdste bewaringsgesindes is moontlik die heuningmiere
van Noord-Amerika.
Party lede van die kolonie is as 't
ware lewende opgaartenks. Hulle staan bekend as heuningpotmiere en word so vol
plantnektar gepomp dat hul agterlywe opswel totdat hulle soos druiwe lyk. Hulle
kan nie eens roer nie en hang stil van die plafonne van spesiale kamers, wagtend op
werkers wat vog uit hul monde kom "tap" wanneer geen kos meer buite
gevind kan word nie.
Daar word vertel dat heuningpotmiere
geδet kan word en selfs lekker smaak. Nou ja...
òáá
DIE miere van die genus Mettor versamel hul kos (sade) in die
groeiseisoen en bΩre dit vir die droδ seisoen in ondergrondse voorraadskure.
Namate die miere die sade vreet,
gooi hulle die leδ doppe op "vullishope" buite die nes. DiΘ vorm 'n
kring om die nesingang wat tot 5 cm hoog kan wees en oor 'n wye gebied kan
strek.
_____________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
_____________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan