____________________________________________________________________
Die 'eeu' van baie dinge is in die 20ste eeu ingelui
-- die eeu van die atoom, die eeu van die ruimte, die eeu van die tegnologie en
ander. Samevattend kan ons egter sΩ dat die eeu van die wetenskap in die 1900's
eers werklik momentum begin kry het en tot eens ongekende ontwikkelings gelei
het. Die groot uitdaging is nou om hierdie wetenskap in die 21ste eeu vir
voortgesette voorspoed en vrede aan te wend...
____________________________________________________________________
òáá TEEN die
einde van die Eerste WΩreldoorlog kom ßl meer motors op die mark. Hul enjins is
ligter as stoommasjiene en gebruik brandstof wat uit olie gemaak word. Die motor
en sy binnebrandenjin verander die wΩreld. Dorpe en stede
brei uit. Perde verdwyn van die strate en motorbusse vervoer mense na heinde en
ver. Die trekker hervorm die landbou.
Daar was met die eeuwisseling meer as 450 miljoen
motors op aarde, wat verkeersopeenhopings in stede veroorsaak en die lug erg
besoedel het. Ryk lande het meer motors as arm lande en gebruik meer brandstof.
In 1993 was daar meer as 146 miljoen motors in die VSA, meer as
een vir elke twee mense.
Van die Volkswagen Kewer is in die 20ste eeu meer as
20 miljoen motors vervaardig, meer as elke ander soort motor. Die Volkswagen is
Duits en beteken bloot ''die volk se wa''.
òáá SEDERT
kragvlugte in 1903 begin het, was daar in die 20ste eeu geweldige ontwikkelings
in die lugvaart-tegnologie. Vliegtuie verander oorlogvoering. Bomwerpers
verwoes stede en gevegte woed in die lug. MilitΩre uitvindsels, soos die
vinnige straalenjin, word ook in vredestyd aangewend. Straalenjins bring in die
1950's 'n omwenteling in reise mee. Internasionale vlugte word baie goedkoper.
Aan die einde van die 20ste eeu het dit inderdaad
gelyk asof die planeet gekrimp het, met miljoene mense wat jaarliks vir werk of
vakansies oor vastelande heen vlieg. In 1976 word die Concorde die eerste
passasiersvliegtuig wat vinniger as klank vlieg. Rekenaartegnologie help
mettertyd vlieδniers om vliegtuie selfs nog veiliger te vlieg.
òáá IN 1957
lanseer die Sowjet-Unie die eerste voorwerp na die ruimte
-- Spoetnik, 'n satelliet wat inligting versamel.
Die supermoondhede wedywer vir die glorie om die
ruimte te oorwin. In 1961 word die Sowjet-ruimteman Joeri Gagarin die eerste
mens in die ruimte, maar agt jaar later is die Amerikaner Neil Armstrong die
eerste mens op die maan.
Sedert die einde van die Koue Oorlog word
ruimte-tegnologie oor die wΩreld heen gedeel vir verkenning en kommunikasie.
Snuffeltuie besoek ook afgeleδ planete om inligting in te win.
òáá VOOR die
20ste eeu het briewe en koerante mense oor gebeurtenisse elders ingelig. Nou
kan ons die nuus ontvang soos dit gebeur. Eers het die radio, toe die televisie
en daarna satelliete wat met sonkrag werk, begin om nuus regstreeks na ons
huise te versend.
Internasionale telefoonoproepe wat voorheen uiters
duur was, raak goedkoper namate onderaardse optiese kabels elk honderduisende
oproepe en faksboodskappe van die een vasteland na die ander oordra.
In die jare negentig bring die Internet 'n reuse
omwenteling mee in verspreiding van inligting en die vergemakliking van kontak
tussen mense regoor die wΩreld. Die Internet is 'n reuse netwerk van rekenaars
wat per telefoon (of nou selfs satelliet) met mekaar verbind is.
òáá DIE eerste
rekenaars, wat omstreeks in die tyd van
die Tweede WΩreldoorlog gebou is, was reusagtig en stadig. Daarna het hulle
kleiner, goedkoper en baie kragtiger geword. Rekenaars, wat groot hoeveelhede
inligting berg en verwerk, het die werk in skole, kantore en fabrieke hervorm.
Gerekenariseerde robotte kan geprogrammeer word om eentonige of gevaarlike take
te verrig.
òáá In die
1940's het antibiotika, soos penisillien,
in gebruik gekom. Gemaak van mikroskopiese swamme, keer hulle dat bakterieδ
versprei. Dit het chirurgie baie veiliger gemaak, iets wat ook deur beter pyndoders,
bloedoortappings en X-strale bewerkstellig is.
Teen die 1960's kon chirurge gebrekkige organe soos
niere deur diΘ van skenkers vervang, terwyl prof.
Chris Barnard van Suid-Afrika die eerste hart oorgeplant het.
Medisyne word in die 20ste eeu industrieel vervaardig
en raak baie meer beskikbaar. Maar baie mense in die ontwikkelende wΩreld kan
dit steeds nie ontvang nie. Verswak weens 'n gebrek aan kos, sterf 'n menigte kinders
elke jaar daar aan siektes wat deur goedkoop, eenvoudige mediese sorg voorkom
kon gewees het.
In ons nuwe 21ste eeu is wetenskaplikes steeds
gedurig besig om nuwe uitdagings die hoof te bied, soos om 'n kuur vir vigs te
probeer vind en
doeltreffende kunsharte en ander kunsmatige organe te
ontwikkel.
òáá NUWE vorms
van energielewering raak beskikbaar in die 20ste eeu. Teen die 1930's dryf
elektrisiteit reeds 'n verstommende verskeidenheid masjiene in huise en
werkplekke aan.
Die eerste kragopwekkers werk met steenkool, maar
later word olie en gas ook vir elektrisiteit verbrand. Olieryke gebiede, soos
die Midde-Ooste, raak baie belangriker.
Goedkoper kernkrag (soos diΘ wat by Koeberg in die
Kaap opgewek word) is reeds sedert die 1950's beskikbaar, maar kan sonder
behoorlike beheer gevaarlik wees, soos toe die Tsjernobil-sentrale in 1986
ontplof het.
In die 21ste eeu is die ontwikkeling van nuwe
omgewingsvriendelike energiebronne baie nodig.
òáá
HERNIEUBARE ENERGIE: Namate die wΩreldbevolking toeneem, groei die vraag
na energie ook. Tradisionele ''fossiel-brandstowwe'' soos olie en brandstof
gaan eendag uitgeput wees, en boonop besoedel hulle die lug wanneer hulle
verbrand word. Pleks daarvan sal dit vir ons nodig wees om skoon en hernieubare
energie uit onuitputlike bronne soos die wind en die son op te wek.
Windpompe word al geslagte lank op Suid-Afrikaanse plase gebruik om strome water van onder uit die aarde uit boorgate te pomp. Maar sogenaamde windlaaiers, veral in winderige gebiede, kan ook onuitputlike, gratis strome elektrisiteit lewer.
Daarbenewens kan die krag van die son
ingespan word met sonpanele wat van silikon gemaak is. DiΘ panele absorbeer lig
en hitte van die son se strale en kan die energie berg totdat dit benodig word.
Nog 'n goedkoop bron van energie is metaan. Metaan is
'n ''biogas'' of natuurlike gas wat deur verrottende afval vrygestel word.
Miljoene huise in die ontwikkelende wΩreld het tenks wat met beton uitgevoer is
in die grond waar menslike en dierlike afval opgegaar word. Die biogas wat
opgewek word, word vir kook of verwarming gebruik.
òáá DIE laaste dekade van die twintigste eeu het in 'n gees van hoop begin. Vredesonderhalings is gevoer om ingewikkelde en bitter konflikte die hoof te bied, ook in Suid-Afrika. Die gevaar van kernverwoesting het afgeneem. Regerings het positiewe stappe gedoen om die omgewing te beskerm. Suid-Afrika het sy eerste veelrassige verkiesing gehad.
Vyftig jaar van wedywering tussen die supermoondhede
het met die verbrokkeling van die Sowjet-Unie
verdwyn. Internasionale konflikte het afgeneem (tot 11 September 2001 toe 'n heeltemal
nuwe era ingelui is met die verwoesting van die twee torings van die massiewe
World Trade
Center in New York. Terroriste het met gekaapte
stralers in die torings vasgevlieg).
In party gebiede, veral in sommige van die ou Kommunistiese lande, het die drang na selfregering aan die einde van die 20ste eeu in 'n fanatieke eenheidsbegeerte en 'n haat teenoor vreemdelinge ontwikkel. Joego-Slawiδ, met sy talle verskillende bevolkingsgroepe, begin in 1990 verbrokkel. 'n Verskriklike burgeroorlog volg en in gebiede soos Bosniδ word minderheidsgroepe gedwing om hul huise te verlaat sodat mense van ander bevolkingsgroepe hulle daar kan vestig.
Sedert die einde van die Koue Oorlog was daar ook 'n
toenemende gees van wedersydse vertroue tussen lande. Die Verenigde Nasies, steeds die
hooforganisasie vir internasionale onderhandelings, het baie vermag, veral in
sy dienste aan kinders en vlugtelinge en ten opsigte van gesondheid. Maar
terwyl sy vredesmagte die ergste bloedvergieting in burgeroorloδ probeer
beδindig, is sy vermoδ dikwels baie beperk om by internasionale konflikte
betrokke te raak.
Suid-Afrika het 'n einde gemaak aan apartheid. In
1990 word die swart leier Nelson Mandela vrygelaat nadat hy 27 jaar vanweδ sy
politieke oortuigings in die tronk was. Hy word in 1994 in die eerste
veelrassige verkiesing tot president verkies.
Die nuwe Suid-Afrikaanse regering moet reuse
uitdagings die hoof bied
-- om onderwys, werk en gesondheidsdienste te verskaf
en die onrusbarende spiraal van misdaad te beδindig. Die vier provinsies van
vroeδr is heringedeel sodat die nuwe Suid-Afrika tans uit nege provinsies
bestaan: Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Noordwes,
Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.
Aan die einde van die 20ste eeu het die wΩreldkaart glad nie meer gelyk soos in die begin van die eeu nie. Grense het immers regdeur die eeu verskuif en baie nuwe state het ook ontstaan. In Rwanda in Midde-Afrika was die Hutu's en die Tutsi's in 1994 in 'n bloedige burgeroorlog gewikkel. DiΘ twee volkere is deur die koloniale magte in een land saamgegooi. In 1996 het die konflik na die naburige Burundi versprei. Hierdie Midde-Afrikaanse probleem was reg in die begin van die 21ste eeu nog nie opgelos nie.
Nadat hulle in die laaste helfte van die 20ste eeu
onafhanklik geword het, is baie ontwikkelende lande in Afrika en Asiδ ook
steeds baie arm. Daar lΩ nog 'n lang pad voor om die ongelykheid tussen die ryk
en arm lande te beδindig. Nuwe nywerheidslande soos Thailand word ''ekonomiese
tiers'' genoem omdat hulle so verwoed ambisieus is. Lande in die Stille Oseaan
het handelsverbonde gesluit. Europa en die VSA is nie meer hul vernaamste
handelsvennote nie.
Europa en die VSA is tewens nie meer die wΩreld se enigste groot nywerheidstreke nie. Produksie het ook na die Ooste verskuif. Japan en ander Asiatiese lande aan die Stille Oseaan is wΩreldleiers in die gevorderde tegnologie en voer motors, rekenaars en elektriese goedere regdeur die wΩreld uit. Australiδ en Nieu-Seeland is besig om hulle vir handel na hierdie lande te wend pleks van na hul tradisionele markte in Europa en die VSA.
Omgewingskwessies wat deur die ontwikkeling in die
20ste eeu geskep is
òáá DIE aarde
se groeiende mensetal het meer kos en brandstof nodig. Maar baie nuwe
nywerheids- en landboumetodes is skadelik vir die omgewing. Reδnwoude word
afgekap en die toenemende aantal motors veroorsaak lugbesoedeling.
Die aarde se beskermende osoonlaag is kwesbaar en die klimaat word warmer. Meer
grond verander in woestyne, wat die moontlikheid van hongersnood in arm lande
vergroot. WΩreldwye spanwerk is noodsaaklik om ons omgewing in die 21ste eeu te
beskerm.
áá
òáá IN die
20ste eeu is eens ondenkbare vorderings op die terreine van die demokrasie,
wetenskap en nywerheidswese belewe. En nuwe tegnologieδ ontwikkel so vinnig dat
'n mens kwalik kan voorspel hoe die lewe verder in die 21ste eeu gaan wees.
Maar vooruitgang het nie die kloof tussen ryk en arm
vernou nie. Byna 'n vyfde van die wΩreld se mense het te min om te eet, en
miljoene kan nie lees en skryf nie. Regdeur die wΩreld beywer mense hulle vir 'n
veiliger en meer ekonomiese benutting van hulpbronne sodat elkeen die kans vir
'n beter en billiker lewe kan hΩ.
__________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan